Paartjies

“Learn to become the kind of partnership we would like to see in the world.”

Individuele sessies vir paartjies: "IMAGO"
(Sessies kan van mediese fondse verhaal word indien u opsie dit toelaat)

Imago... ‘n nuwe manier van liefhê.Imago is die Latyn vir image - wat "prentjie" beteken en gaan van die veronderstelling uit dat ons in ons intieme verhoudings maats aantrek op grond van ’n prentjie gevorm uit die positiewe en negatiewe karaktertrekke van ons primere versorgers(soos ouers) uit ons kinderjare.

Wanneer ons die persoon van ons drome ontmoet, vind ’n mistieke attraksie plaas en voel ons ontspanne, lewendig en heel. Kort voor lank kruip ontnugtering en diskonneksie in en begin ons kwaad, bedrieg en ingedoen voel. Op allerhande maniere probeer ons weer terugkry wat ons in die verliefde stadium ervaar het, maar in die proses maak ons mekaar net meer seer deur te onttrek of te baklei. Al hierdie vind in die onderbewussyn plaas. Hierdie pynlike magstryd kan vir baie jare aanhou, of totdat die paartjie die keuse maak om te skei of hulp soek. Die onsigbare egskeiding is kenmerkend hiervan.
Imago verhoudingsterapie bring, met behulp van dialoog, groter bewuswording mee. Op ’n veilige nie-bedreigende manier leer jy om te se wat jou pla en te vra vir wat jy graag wil he. Maats begin mekaar met nuwe oe sien en mekaar op ’n nuwe manier liefhe.
So kry jy die verhouding van jou drome!
Imago verhoudings terapie en teorie is gegrond op die baanbrekers werk deur die internasionaal bekende Harville Hendrix en sy vrou Helen LaKelly Hunt. Hulle is ook die skrywers van ’n reeks self-help boeke vir verhoudings.  




KURSUS: “Getting The Love You Want”

In hierdie kursus begin paartjies om die geskiedenis wat elk in die verhouding ingebring het, en wat hul saam geskep het, te verstaan en te herstel.

Binne ‘n veilige omgewing, sonder onderbrekings en afleidings kan die paartjie op die  verhouding fokus. Die verlede word herbesoek, nuwe stories word geskryf en nuwe drome word saam gedroom. So word die vreugde van saamwees weer herontdek.

Daar word gekyk na:
  • Hoekom het ek my maat gekies?
  • Hoe kan ons oop, eerlik en op ’n nie-verdedigende manier met mekaar gesels?
  • Waarom frustreer ons mekaar so en druk ons mekaar se rooi knoppies?
  • Hoe herstel ons ou verhoudingswonde?Hoe bring ons weer vreugde, passie en romanse in die verhouding?Hoe skep ons ‘n spasie waarbinne ons kinders kan floreer?Hoe bring ons spiritualiteit in die verhouding in?
Hierdie werkswinkel is vir julle as...
  • Jul van’n goeie verhoudig’n uitsonderlike verhouding wil maak
  • Jul ’n verhouding begin wat jul graag wil behou
  • Die liefde wil ontvang waarna jul verlang
  • Jul lang-staande konflikte’n moeilike verhouding wil hanteer
  • Jul wil besluit of jul met die verhouding wil voortgaan
  • Julle weet daar is iets meer as wat jul tans het...

Terugvoer na so ’n werkswinkel:
“...dat ek in so ‘n kort tydsperiode so ver kon reis in my verhouding en dit so kon geniet het… Ek sien uit na wat voorle."